Meer oor ons
SLIMSPEL se uitgebreide stimulasie program verbeter kinders se GEHEUE en is op 4 boustene gebou:
VAN ONS PRODUKTE
Wanneer Kinders Speel, Leer Hul Meer
GETUIGSKRIFTE
Lees meer oor wat ander mense oor ons vertel
Hierdie reeks vang al die los punte vas in elke werkstuk, dus kan die kind in sy moedertaal groei, die taal suiwer praat en nie bang wees om te kan lees nie. Vandag se kinders sukkel ook om met begrip te kan lees, en hierdie reeks ondervang daardie leemte.
Mnr Johan Joubert
Voormalige skoolhoof van Laerskool Garsfontein
Sonette Kotzé is ‘n baanbreker wat Afrikaanse taalhandboeke betref. Sy vul met haar oorspronklike Slimspel reeks handboeke ‘n menigte leemtes in die beskikbare vakhandboeke vir Afrikaans. Interessante en vars ouderdom-relevante stories met ‘n baie omvattende woordeskat dien as basis vir allerlei taalkundige lesse, asook die opbou van leesvaardigheid, leesbegrip en die uitbreiding van Afrikaanse woordeskat.
Oulike nuwe gediggies, genotvolle woordspeletjies en ‘n magdom pragtige illustrasies dra verder by tot die lekker-leer ervaring vir die leerder wat speelsgewys op ‘n prettige wyse aan die Afrikaanse taal blootgestel word.
Karen Lugg
Opvoedkundige Sielkundige (RIP)
In die Gogga reeks word daar hande gevat met leerders, ouers en onderwysers om Afrikaans as eerste en tweede taal vir skole asook tuisonderrig op ‘n doeltreffende wyse aan te spreek.
Werkstukke en opdragte gee eenvoudige, gebruiksvriendelike en stapsgewyse hulp aan elke kind om ‘n liefde vir die taal en veral lees aan te wakker. Juis met hierdie doel voor oë, sal die reeks Afrikaans as vak, sinvol en positief aanwend.
Ek weet dit gaan groot vreugde en seën aan al die betrokkenes verskaf!
Ria Pienaar
Voormalige onderwyseres met 36 jaar ondervinding
As ’n kleuterskool is dit vir my uiters belangrik om kinders die beste akademiese opvoeding te gee en om seker te maak hulle is werklik gereed vir Graad R. Met die Slimspel-program word kinders uitstekend voorberei, dit bou ’n sterk fondament en gee my die gemoedsrus dat elke kind wat uit ons skool stap, verseker gereed is vir Graad R.
Sonette (AKA LadyBug) is ’n absolute plesier om mee te werk. Sy is altyd professioneel, vriendelik en gereed om te help en by te staan waar nodig. Die ondersteuning en passie wat sy
bied, maak Slimspel ’n waardevolle toevoeging tot enige kleuterskool.
Karin Oosthuizen
Lil’ Wild Kleuters & babas, 2026
The Slimspel program is an exceptional educational experience that blends concrete mathematics applications with perceptual skill development in a joyful, play-centered environment. Children engage with real objects, games, and movement activities that make abstract math concepts come alive through hands-on exploration. The program thoughtfully incorporates perceptual tasks such as shape recognition, visual discrimination, and pattern sorting that strengthen the foundation for early numeracy and critical thinking. What sets this program apart is its seamless integration of playful discovery with intentional learning goals... We love the program and use it every day at Doxa Deo Midstream Kleuter Akademie. I will recommend it wholeheartedly for any pre-school.
Terene Domehl
Doxa Deo Kleuter Akademie Midstream
Slimspel het ons lewe verander!
My grootste vrees as (nuwe) tuisskool-mamma, was dat ons “nie genoeg doen nie en my kinders ‘n agterstand sal hê…”
Slimspel het alles kom vereenvoudig! Skielik het hulle uitgesien na Afrikaans. Die standaard is puik en die speletjies iets om na uit te sien!
Maryke Burger
Tuisskool
Dankie Slimspel, vir die geleentheid om my 3 jarige seuntjie sommer al van vroeg af opgewonde te maak oor lees en leer. Hierdie is 'n wonderlike program wat Sonette bymekaar gesit het om die boustene wat so belangrik is sommer vroeg al in plek te kry. Dankie Sonette vir jou liefde en passie met elke tree. Ons is elke dag "super" opgewonde om ons Slimspel werkies te doen. Ons kan speel en leer op dieselfse tyd.
Ek sal hierdie program vir ALMAL aanbeveel, dit werk besonders goed vir my as tuisskool mamma en vat al die bekommernisse weg dat ons dalk agter gaan raak.
5 Sterre vir Slimspel en Sonette
Denise Schoeman
Tuisskool
